Hidrasien

Eienskappe

Algemeen

Naam Hidrasien 
Ander name Diamien[1]
Diasaan[2]
Tetrahidriedodistikstof
Diamiedogeen
Struktuurformule van Hidrasien
Struktuurformule van Hidrasien
Chemiese formule N2H4
Molêre massa 32,0452 g·mol-1
CAS-nommer 302-01-2  
Voorkoms Kleurlose, rokerige, olierige vloeistof  
Reuk ammoniakagtige
Fasegedrag
Smeltpunt 275 K
Kookpunt 387 K
Digtheid 1.021 g·cm−3
Oplosbaarheid Mengbaar[1] 
Viskositeit 0.876 cP 
ΔfHɵ 50,63 kJ·mol-1

Suur-basis eienskappe

pKa 8,10 (N2H5+)[3]

Veiligheid

Flitspunt 52 °C 
Selfontbrandingspunt 24 to 270 °C 
LD50 59–60 mg/kg (deur orale inname by rotte, muise)[4]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Hidrasien is 'n anorganiese verbinding met die chemiese formule N2H4. Dit is 'n eenvoudige hidried en is 'n kleurlose, vlambare vloeistof met 'n ammoniakagtige reuk.

Hidrasien is baie giftig, tensy dit in oplossing hanteer word, soos byvoorbeeld hidrasienhidraat (NH2NH2·xH2O). Dit word hoofsaaklik gebruik as 'n skuimmiddel by die bereiding van polimeerskuim, maar toepassings sluit ook die gebruik daarvan in as voorloper vir polimerisasie-katalisators, farmaseutiese en landbouchemikalieë, sowel as 'n langtermyn-stoorbare dryfmiddel vir die aandrywing van ruimtetuie in die ruimte.

Die term "hidrasiene" verwys na 'n klas organiese stowwe wat verkry word deur een of meer waterstofatome in hidrasien deur 'n organiese groep te vervang.[5]

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NIOSH
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Pubchem
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Hall
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Martel
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Ullmann

Developed by StudentB